Clarens Interiors

 

Clarens Interiors is 'n onafhanklike familie besigheid.

Met 'n passie vir huis, interior en dekor is ons konstant en selektief besig om net die beste items beskikbaar op te spoor en in voorraad te hou.

Ons filosofie is kwaliteit bo kwantiteit.

Verder glo ons sterk daaraan om waar moontlik eie egte Suid Afrikaanse vervaardigers en produkte te ondersteun. 

Omring deur die mooiste natuurskoon is ons geinspireer om die mooi van Moeder Natuur na binne te bring en jou huis toe te stuur met iets wat jy gaan gebruik en jou jare se vreugde gaan bring.

Ons het iets vir almal - van die kieskeurige individu tot iemand opsoek na 'n klein geskenkie. 

Almal is welkom. 

As jy beter voel wanneer jy by die deur uitstap as toe jy ingekom het, self al het jy niks gekoop nie, het ons ons goed van ons taak gekwyt. 

Kom bly in een van ons gaste eenhede, gevul met ons Clarens Interiors styl produkte.

Ons deel graag die bekoring van Clarens en ons omgewing met jou. 

Ons wil graag he die winkel en sy inhoud moet jou inspireer. Selfs as dit bloot dien as 'n weeklikse ashemaal, deel ons graag ons passie met jou. 

Huise, spasies en hoe mense daarin leef bly ons eerste liefde. 

Voel welkom by ons. Kyk, vat, voel, ruik & beleef. Ons is hier vir jou met net die beste wat Suid Afrika kan bied.

 Dit is ons passie en ons lewe.

 

Geniet jou huis. Jou skuiling teen die storms wat die lewe partymaal kan bring. Jou veilige hawe in die wereld. 

Ons verstaan en lewer landswyd af.

Julle is ons mense.

 

 

RETAIL | ONLINE SHOPPING | ACCOMMODATION | WORKSHOPS | CREATIVE ESCAPES | WINE | WINE TASTINGS | RENOVATIONS

Contact:
clarensinteriors@gmail.com
279 Main Street, Clarens, 9707
082 069 3635
https://www.stayinclarens.com/ 
THE STUDIO
THE LOFT